Notas oor Jesus se intog in Jerusalem

March 29, 2010

Ek het hierdie notas onder die evangelies geplaas.  Kon dit ook onder bedieningshulp geplaas het.

Advertisements

BEDIENINGSHULP

March 27, 2010

NUUT GEDINK OOR BEDIENING
” RETHINKING MINISTRY”   – JJ KRITZINGER

Reeds in die 70-er jare het Dons Kritzinger agtergekom dat daar iets verkeerd is met die kerk se benadering tot kerk-wees, toe hy ‘n gebied (gemeente) met 36 buiteposte moes bedien, en die werkbaarheid daarvan nie so werkbaar was nie.  Dit het daarop neergekom dat die begrip “gemeente” en die begrip “kerk” met mekaar verwar word.  Die een is nie sommer net gelyk aan die ander nie.

In 1979 is ” ‘n Missionere bediening” in Afrikaans gepubliseer, en na ‘n verloop van amper ‘n kwart eeu het dit vir hom duidelik geword dat die basiese uitgangspunt van sy studie by die Fuller School of World Missions nog steeds van belang was, en net meer belangrik geword het.  Die volgende gedeelte gee ek weer soos dit in die Voorwoord van ‘RETHINKING MINISTRY”  [@2007] uitgegee deur CLF, deur hom gestel word:

I have decided to revisit the topic.  Although this booklet does overlap with the earlier one, it is a new “take” on the issue.  I do hope that it will be read – and taken seriously – by the right people.  I share the following sentiment of Watchman Nee:

“One of the prayers I have offered in connection with this book is
that the Lord should keep it from those who appose and would use it as a chart for attack …
and also from those who agree and would use it as a manual for service..
I dread the latter far more than the former.”

( Sy punt is dat hy werklik hoop dat dit deur die kerk gebruik sal word !!! )

Dons Kritsinger
August 2007
* * * * * * * * * * * *

Die Nuwe Testament ken twee dimensies van kerk-wees,
1 – die een, heilige, algemene kerk  +
2 – die verspreiding van daardie kerk op verskillende plekke.

Die belangrike om in te sien, is dat die gemeente nie die plaaslike kerk is, dws die kerk op die PLEK waar dit funksioneer nie.  In die plaasgemeenskappe op die platteland funksioneer die basiese vorm van die kerk binne loopafstand !  Dit is die kerk, nie die wat nie by mekaar kan uitkom nie.  Ons verstaan meestal die kerk as ‘n denominasie of gemeente.  Eintlik funksioneer die kerk baie meer plaaslik, dws op plek.  Dit is mense wat by mekaar kan uitkom.

BEDIENING
Dit gaan in hierdie boek oor BEDIENING.  As ‘n teologiese student sê “Ek is besig om my vir die bediening voor te berei”, dan klink dit asof net ‘n klein groepie “ELITE” in die bediening is.  Daar ontstaan die onderskeid tussen die BEDIENING deur die BEDIENAARS, en die wat bedien word, die ouderlinge, diakens, mans, vrouens, kinders.  Hierdie tipe onderskeid ken die Nuwe Testament nie.

Die kerk is ‘n EENHEID waarin elkeen en almal op dieselfde vlak is.  DIE KERK is almal wat aan die kerk behoort en hulle het almal en elkeen ‘n bediening.  Die KERK is die LIGGAAM VAN CHRISTUS.

Kritzinger bespreek dan 5 kerke van verskillende aard en karakter.  Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente wat nie ‘n opgeleide leraar kan bekostig nie, en daar is byvoorbeeld die gemeente waar daar 30 preekpunte is en die leraar moet rondreis om hierdie punte te dek met nagmaal, en opneem van offergawes, en begrafnisse en huwelike.  Die vraag wat ontstaan, is of dit die roeping van die kerk se leraars is om hierdie takies te verrig.  Is bediening nie die roeping van die hele kerk nie, nie net van leraars nie.  Die fokus op leraars skep ‘n verkeerde beeld van die ware aard van die kerk.  Kritzinger merk op (bls 9) dat die meeste kerke hulle manier van bediening eenvoudig uit die tradisie van die verlede oorneem, en nie vra wat die karakter van bediening is wat in die Skrif geskets word nie.  Hy sê dit is amper onmoontlik om die bediening in die kerk se karakter te verander sonder om ook daaraan aandag te gee in die teologiese opleiding.  Dit is omtrent soos Dawid wat vir Goliat moet aanvat in die geveg.  Dit gaan nie veel help om dinge te probeer verander, terwyl die teologiese opleiding nie glo dit is regtig nodig nie.

HOOFSTUK TWEE:  Die strukture van die kerk word beskou.

Aan die een kant is daar te min waardering vir die gelowiges se bydrae, en aan die ander kant is daar ‘n oorwaardering van die leraars se rol, asook die kerkraad.   Die strukture in die kerk ondersteun hierdie begrip dat die leraar so besonders is dat die lidmate eintlik van minder belang is.  Dit het die effek dat die bediening altyd DUUR is op hierdie manier.  Wanneer die finansiële verantwoordelikheid ontmoet moet word, raak die kerk na binne gekeer, omdat hulle hierdie finansiële verantwoordelikhede moet ontmoet.  Deur die verloop van die geskiedenis het daar twee elemente van die bediening bly steek, wat in die lig van die Bybelse gegewens beoordeel behoort te word.
1 – die eerste was die basiese uitgangspunt dat daar minstens een betaalde leraar per gemeente behoort te wees (of dit bekostigbaar is of nie)
2 – en die tweede is dat, per implikasie, is dat daardie bedienaar op ‘n hoër vlak van bediening staan as die res van die gemeente/kerk, wat nie reg is volgens die Nuwe Testament nie.

HOOFSTUK 3:  Ander bedieningstrukture
Die basiese model vir kerk-wees in hierdie siening is dus die een leraar per gemeente (of natuurlik meer).  Die basiese paradigma is beskryf om te probeer duidelik maak wat die aard van die strukture is.  In die sendinggeskiedenis word gewys op die feit dat die praktiese benadering van finansiële selfstandigheid (bls 20) ‘n probleem skep.  Melvin Hodges het ‘n boek in 1976 gepubliseer “The Indiginous Church” waarin hy die volgende sê:
” I have the deep conviction that every deficiency in our work can be traced to a failure to follow the New Testament pattern.  True indiginous church principles are in reality New Testament church principles. (1976:58)

He especially emphasised that the leaders (elders, ministers) should grow out of the ministry of the local church, that they should be established and proven people, and that there should be no thought of payment for the ministry.  He also wrote:
” The first most important task is to train the entire church rather than a select few devoting themselves to full-time ministry.    Jesus sent out both the twelve and the other seventy also.  What place do we have for the other seventy in our training programme ?  (Hodges 1965:120-121)

Weber writes: “Christ does not grant special gifts only to men and women who are full-time employees of the church.  All the people of God share in Christ’s ministry in and to the world.  The lay people spend most of their working hours in social, political,  economic and cultural areas where the battles of faith are being fought. (Weber 1963:33)

ELEMENTE VAN ANDER MOONTLIKE STRUKTURE

1.  Bediening behoort aan die HELE LIGGAAM VAN CHRISTUS.  Toerusting moet die hele kerk insluit, en nie hoofsaaklik gefokus word op predikante nie.
2.  SPANWERK en die vermoë om as gelowiges saam te werk moet op ‘n nuwe en unieke manier ontwikkel word.
3.  TENTMAKER:  Die luuksheid van ‘n predikant in elke gemeente is nie vanselfsprekend nie.  Daar moet doelgerig plek gemaak word vir deeltydse leraars en ook onbetaalde leraars om deel van die span te word.  Die ouderlinge en diakens was as sulks tentmaker “BEDIENAARS”.  Hulle behoort as sulks erken te word.

LOBINGER (1967:105-114) het 5 alternatiewe patrone beskryf waar die beginsel nie geld – EEN BETAALDE LERAAR PER GEMEENTE – nie.  Probleme van 4 van hierdie patrone word bespreek, en dan word ‘n beter ideaal in die 5de model geskets:

Dit is ‘n toerustingsmodel waarin leierskap gedeel word.  Meer gelowiges deel in die bediening as ‘n paar wat daarvoor afgesonder word, terwyl die ander op ‘n subtiele (miskien onbedoelde) manier forseer word tot ‘n tweederangse bediening, wat nie Bybels korrek is nie.

HOOFSTUK 4:  BYBELSE BEGINSELS

Die bediening van Jesus is die beginsel vir die kerk
Die Griekse woord vir “bediening” diakonia (diakonia).  Die predikant, priester, ouderling, word almal diakonos genoem, “bedienaar”.
Dit was die Woord wat Jesus vir Sy eie bediening gebruik het:
Markus 10:45 … ” Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.”  Nêrens kom die dienskneggesindheid van Jesus duideliker na vore as in Filippense 2:6-8 nie.

6  Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
7  maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het,
8  het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. .

Nederige dienswerk moet die kenmerk van leiers wees.
Paulus en Apollos kon maar net natmaak.  Dit is net God alleen wat laat groei.  (1 Kor 3:7)
Jesus is die fondament van die bediening.  Paulus is maar net besig om te bou. ( 1 Kor 3:11)
Die hele kerk moet uit hierdie beginsel lewe, nie net die leiers nie !

DIE HELE KERK SIT DIE BEDIENING VAN JESUS VOORT
Jesus se bediening was die kern van God se bediening.  Die Heilige Gees pas Jesus se bediening verder toe.
Die hele kerk sit, deur die werk van die Heilige Gees, die bediening van Jesus voort.
Paulus gebruik die beeld wat wys op twee gevare:
1 –  Daar is lede van die liggaam (kerk) wat dink hulle is nie nodig nie, en passief raak. (1 Kor 12:15)
2 –  Daar is ook die wat dink dat hulle die ander nie nodig nie het nie, en alles sommer self kan doen. ( 1 Kor 12:21)

DAAR IS OOK ‘N SPESIFIEKE BEDIENING VIR SEKERES
Daar is eerstens gawes aan elke gelowige gegee.  Eers in die tweede plek word daar gawes aan sommige gegee.  Die kenmerk van hierdie gawes is dat dit soos liggamente funksioneer, wat saambind.    Dit is die komplimenterende waarheid.  Die leier is net die leier.  Hy is nie alles nie.  Hy is nie ‘n leier as daar nie volgelinge is nie.  Hy is deel van ‘n span, en behoort deur voorbeeld leier te wees.  John Stott sê ook (1968:46)  “We must never change our idea of the special ministry as a higher and more important calling.”

BYBELSE BEELDE VAN DIE BEDIENING
Daar is ‘n paar Nuwe Testamentiese beelde oor die bediening:
1.  Die kerk is ‘n lewende organisme.  Daar is net een Liggaam, en net een Gees.  Alle versoeking om die kerk te degradeer tot net nog ‘n organisasie moet weerstaan word.
2.  Daar is eenheid in die liggaam, te midde van die verskeidenheid in die liggaam.  Daar moenie ‘n onderskeid in belangrikheid wees tussen die liggaamsdele nie.
3.  Efesiërs 4 maak dit duidelik dat elke lidmaat ‘n bediening het.
4.  Die gawes word aan die liggaam in geheel gegee.  Dit gaan nie oor die individu nie, maar oor die individu ter wille van die geheel.  Geen gawe het enige waarde as dit nie met liefde gepaard gaan nie.
5.  Die liggamente het ‘n saambindende funksie.   Die funksie is ‘n koördinerende funksie.

Daar is ook 4 beginsels vir bediening:
1.  Die voorbeeld wat geleef word.
2.  Lering (teaching) is beslis ‘n manier waarop die kerk opgebou word
3.  Bediening geskied deur nederige diens.
4.  Die sakramente word ook direk gebruik in ware bediening.

DIE BEELD VAN HEDDER EN KUDDE
Jesus is die Herder.  Daar is net twee plekke waar die leiers van die kerk ook herders genoem word, naamlik Handelinge 20:28-29 en  1 Petrus 5:2-3.  Dit is ‘n foutiewe gebruik van die beeld van herder en kudde wat lei tot die kerk-in-klasse waar die herder deel van die hoër klas is.  Die klem val ook by die leiers altyd op diensgesindheid en voorbeeld, en nie om as heersers op te tree nie.  Die voorbeeld is baie belangrik in hierdie roeping.

DIE GEBOU AS ‘N TEMPEL
Die kerk word geskets as die tempel van die Heilige Gees.  Die opbou van die kerk is nie die werk van een of net ‘n paar persone nie.  Nog ander beelde behalwe die Liggaam van Christus, die Herder en kudde van God en die tempel van God word gebruik.

BYBELSE BEGINSELS VIR STRUKTURERING VAN DIE BEDIENING (Bls 45)
1.  Die oplegging van hande gee nie vir iemand ‘n hoër status nie, maar gee vir die persoon ‘n spesifieke taak.  Dit gaan oor die belangrikheid van die taak, nie die dienaar nie.  Enige persoon in die gemeente behoort georden te kan word tot ‘n spesifieke roeping en taak.
2.  Wat prediking betref word die toerusting van gelowiges afgeskeep en net enkeles opgelei.  Die standaard van prediking word subtiel ondergeskik gestel aan die bediening van die sakramente, en die kerk word gesien as daar waar die sakramente bedien word.  Leraars word in daardie konteks nie veel meer as rondreisende bedienaars van die sakramente nie.  Hierdie praktyk wys die probleem eintlik uit.

DIE NUWE TESTAMENT
1.  EENHEID:  Die hele kerk moet die lof verkondig van Hom wat hulle uit die duisternis na die lig geroep het.
2.  VERSKEIDENHEID:  ‘n Spanbenadering eerder as een leraar per gemeente wat die meeste klem in bediening ontvang, is meer die Nuwe Testamentiese beeld van bediening.  In die vroeë kerk is die nie-betaalde leiers/leraars nie minder belangrik geag as die ander nie.

Verder is daar groot verskeidenheid in die organisering van die kerk, soos die Heilige Gees die kerk volgens omstandighede lei om hulleself te organiseer.
In Galasië was daar ouderlinge.
In Kolossense was daar ook ander bedienaars soos Epafras en Aprippas.
In Tessalonika was daar ouderlinge.
In Filippense was daar ouderlinge en diakens.
Hierdie verskille in die struktuur van die kerk het nie die eenheid van die kerk bedreig nie.

DIE STRUKTURE MOET IN DIENS VAN DIE BEDIENING STAAN !

HOOFSTUK 6:  PRAKTIESE RIGLYNE VIR DIE KERK
Christus sit Sy bediening deur die Gees en deur die kerk (lidmate) voort.  Daar is nooit ekslussiewe fokus op spesiale bediening nie.   Daar sal nie net verskeidenheid in die algemene bediening wees nie, maar ook in die spesifieke en besondere bediening.  ‘n Sisteem van indiens-opleiding en lewenslange leer, staan uit as ‘n beginsel.   Elke gelowige moet toegerus word vir bediening.  Sonder om hierdie beginsels in ag te neem en die toerusting van leraars daarvolgens in te rig, sal dit moeilik gaan om die situasie te verander.   ‘n Uitgebreide sisteem van toerusting is nodig om die kerk in geheel toe te rus vir bediening in die kerk.

Gevolgtrekking:  (My eie)
Die kerk moet homself nie in die eerste plek deur praktiese omstandighede laat lei nie, alhoewel dit ook nie onbelangrik is om ook prakties te dink nie, maar moet IN DIE EERSTE PLEK die Bybelse beginsels nastreef, waarin ons uit die Nuwe Testament aflei watter beginsels van belang was en strewe om dit in die kerk vandag nog toe te pas.  Sonder hierdie begronding word die bediening uitgelewer aan die grille en giere van mense, sonder rigting.  Gelowiges moet wesentlik vanuit die Woord van God lewe.  Die is een van die mees basiese beginsels van ‘n Gereformeerde Kerk.
As Luther en Calvyn nie in hulle geloof na die Skrif teruggekeer het nie, sou hulle nooit die kerk kon hervorm van wat dit was tot wat dit eerder behoort te wees nie !!!  Ons word in die huidige tyd te veel rongegooi deur die sienings van mense wat die evangelie nie werd is nie, en ons moet ons baie meer begrond op die Skrif.  My vraag is dit:  Waarom kry ons praktiese oorwegings dikwels meer voorrand in argumente as die Woord van God self ?  Is dit hoe ons behoort te lewe ?

Opsomming @ Ds Komatie van Niekerk


Lukas 19:28-44

March 27, 2010

MAAK SPASIES OOP  WAAR DAAR INTUITIEF BEWEGING IN DIE TEKS VOORKOM …

28  Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe.

29  Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag:

30  “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier.

31  En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”

32  Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het.

33  Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”

34  Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”

35  Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim.

36  Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.

37  Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.

38 Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!”

Ps. 118:26

39  ‘n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”

40  Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

41  Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil

42  en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.

43  Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande vestings teen jou oprig en jou omsingel en jou van alle kante beleër.

44  Hulle sal jou met die grond gelyk maak en jou inwoners uis. Hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die betekenis van die tyd toe God gekom het om jou te red, nie besef het nie.”


Ek het begin op … 24-03-2010

March 24, 2010

Een van die Bestes wat ek op die Otter Wandelpad geneem het {28-31 Januarie 2010}